Binnelandse sake trek na sy nuwe gebou in hoofstad

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake se Khomas-streekskantoor in die Noordelike Nywerheidsgebied en die kantoor van binnelandse sake op die hoek van Onafhanklikheidsrylaan en Casinostraat in die hoofstad sal vanaf Vrydag gesluit wees. Volgens ‘n mediaverklaring van die ministerie sal die nuwe hoofkantoor in Windhoek-Noord op die hoek van Hosea Kutako-rylaan en Harveystraat vanaf Dinsdag 1 Februarie operasioneel wees.