Klimaatsverandering dwing Zim-boere in heuwels op

Die Zimbabwiese ministerie van landbou sê boere trek na berge en heuwels om weg te kom van die gevolge van klimaatsverandering, insluitend droogtes en vloede. Volgens die ministerie het ongeveer 1 200 boere die afgelope dekade berg-op begin boer aangesien daar beter gehalte grond op die heuwels is. Jare se verrottende organiese materiaal het hierdie gesonde grond geskep. Die klimaatsveranderings-bestuurseenheid in die ministerie van omgewing en klimaat, sê tradisionele landbougrond behou ook minder water.