Klimaat: Afrika verloor 23 hektaar elke minuut

Met ‘n bevolking van 1,4 miljard, ‘n oppervlakte van meer as 30 miljoen vierkante kilometer, is Afrika die streek wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering. Uiterste weerverskynsels verswak grondgehalte en versnel verwoestyning met 319 miljoen hektaar wat hierdeur bedreig word. In Afrika raak grondagteruitgang 74 persent van mense wat in armoede leef. As gevolg van klimaatsverandering gaan 12 miljoen hektaar grond elke jaar verlore aan verwoestyning, gelykstaande aan 23 hektaar elke minuut. Kenners meen die vasteland se regerings moet die aanplant van bome prioritiseer om die impak van die hoë temperature teen te werk.