Shell se boorwerk voltooi

Dit blyk dat Shell vir nou by sy Jonker-1X put eers klaar is. In November verlede 2022 is berig dat die Deepsea Bollsta, ‘n semi-dompelbare tuig op pad is na Namibië om boorwerk vir Shell by die Jonker-1X put in die eksplorasie gebied in die Oranje-bekken uit te voer. Die ooreenkoms is in Mei vanjaar met ses maande verleng maar nou net Shell aangekondig dat hy sy werk voltooi het. Volgens Northern Ocean is sy tuig vanaf Junie volgende jaar beskikbaar. Intussen is die maatskappy se ander tuig, die Deepsea Mira steeds by TotalEnergies in die bekken bedrywig met werk wat in Junie vanjaar begin het met ‘n vaste duur van 300 dae, plus een 180-dae opsie en ‘n 90-dae opsie. Beide oliemaatskappy het uitstekende voorlopige uitslae met eksplorasie bekend gemaak.