Rugby: Wallabies stel Eddie Jones as afrigter aan

Rugby: Australië het met minder as agt maande voor die Wêreldbeker in Frankryk vandag vir Dave Rennie afgedank en hom vervang met die voormalige afrigter van Engeland, Eddie Jones. Die voorsitter van Rugby Australië, Hamish McLennan sê Jones sal die baasbrein wees agter die Wallabies se “oorbegin” voor die Wêreldbeker en hy het ʼn volwassenheid bereik sedert sy vorige termyn. Volgens hom glo hy en Jones hulle kan vanjaar die Wêreldbeker wen en hulle voorsien ʼn verbetering in die spelers se krag en kondisionering, afrigting en westrydplan.