Klein mosierol vandag, plaas geëis vir N$248 000

Daar was 47 aansoeke vir verstekvonnisse in die Mosiehof in die hoofstad waarvan 7 reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 18 van die aansoeke gebring waarvan 4 reël 108 aansoeke was. Daar is 2 voertuie opgeëis en 8 huislenings. Die huislenings, ter waarde van 6,9 miljoen Namibiese doller het 248 000 doller uitstaande op ‘n 3 700-hektaar plaas in die Omaheke-streek en 31 000 doller uitstaande op ‘n eiendom in Tsumeb, ingesluit. Agt lenings ter waarde van 2,9 miljoen is ook opgeëis. Regters Harold Geier en Marlene Tommasi het die sessies vanoggend hanteer. Regter Thomas Masuku sal Maandag se sessie hanteer waar 49 onverdedigde egskeidings hanteer word.