Kommer dat Nam op hoë risiko-lys geplaas kan word

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het sy kommer uitgespreek dat die land as ‘n hoë-risiko bestemming kan bestempel word, veral omdat inentings teen ‘n slakkepas vorder en lede van die publiek is huiwering om gespuit te word. Daar is onlangs bevind dat die meerderheid Namibiërs glo dat gebed ‘n beter opsie as inenting is om Covid te bekamp. Gitta Paetzold van die vereniging sê daar is reeds verskeie kansellasies vir besprekings tussen Julie en September aangeteken. Namibië is verlede jaar Oktober deur Duitsland van die hoë risiko lys van lande verwyder.