Klaas en Tucker sluit aan by Protea-vroue

Krieket: Die Protea-vroue het Masabata Klaas en Delmi Tucker in die groep ingesluit voor die laaste twee eendagwedstryde teen Engeland. Die twee spelers het in die Verenigde Koninkryk aangekom en sal Vrydag by die span in Bristol aansluit voor die tweede eendagwedstryd. Engeland het die eerste wedstryd met vyf paaltjies gewen. Die Proteas se hoofafrigter, Hilton Moreeng, verwelkom die versterkings.