Namibiese premier kap terug in NV oor jeugwerkloosheid

Tydens die debat oor jeugwerkloosheid vandag in die Nasionale Vergadering, het die leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, die regering daarvan beskuldig dat hulle geen plan in plek het om die probleem van jeugwerkloosheid in die land aan te spreek nie. In verdediging van die regering het die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, gesê die regering het wel planne.