KK-aanmerkings: ons het belangriker goed om te doen sê Presidensie

Aanmerkings deur die voormalige Swapo-minister Kazenambo Kazenambo, dat President Hage Geingob ‘n idioot en lafaard is as gevolg van die manier wat die volksmoord onderhandelings gevoer is, is deur die Presidensie se woordvoerder Alfredo Hengari geïgnoreer. Hy het in reaksie op die kommentaar gesê dat die die Presidensie baie belangrike kwessies het om na om te sien. Kazenambo het ook gedreig dat hulle grond in Duitse besit in die land sal terugneem. Hy sê dit is ook nie net die Ovaherero en Nama wat onder die Duiste koloniale regering gely het nie. Grond is by almal ontneem, selfs die Ndongas het hulle deel van Etosha verloor, het hy gesê.