Khoisan-sprekers die armste

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die 2021 Multidimensionele Armoede-indeks van stapel gestuur. Volgens die verslag wat ondersoek na armoede instel, is 43 persent van die Namibiese bevolking arm met Khoisan-sprekers wat 93 persent van die totaal uitmaak. Rukavango-sprekers, en ander tale in die Zambezi-streek is onderskeidelik 68 persent en 54 persent arm en kry die swaarste wanneer dit kom by onderwys- en gesondheidsdienste. Volgens die verslag is nie net 43,3 persent van Namibiërs arm nie, 44 persent ervaar tekorte. Amper 60 persent van landelike inwoners is arm terwyl net meer as 25 persent van stedelike inwoners armoede ervaar. Die twee Kavango-streke is die armste in die land op 70 persent vir Oos en amper 80 persent vir Wes.