Moenie groot hoeveelhede kontant trek nie – Nampol

Misdadigers probeer in hierdie moeilike tye munt slaan uit onskuldige mense. Die Namibiese polisie maan die publiek om nie groot bedrae geld te onttrek nie. Nampol se hoofinspekteur Elifas Kuwinga het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.