Belarus sê Oekraïne wil hom aanval

Die president van Belarus, Alexander Lukashenko sê hy het troepe beveel om saam met Russiese magte by sy landsgrens met Oekraïne te ontplooi in reaksie op wat hy beskryf as ‘n duidelike bedreiging deur Kiëf en sy Westerse bondgenote vir Belarus. Kenners meen daar is groot kommer omdat dit ‘n duidelike eskalasie van die oorlog is, veral omdat die Europese Unie sê hy sal reageer op enige aanval deur Belarus. Lukashenko sê die Oekraïne soek ‘n oorlog met hom. Hy het gesê dat sou sy buurland hom aanval sal die ontploffing op die brug wat die Krim met Rusland verbind, soos ‘n feëverhaal lyk. Pole het reeds sy landsburgers opdrag gegee om Belarus te verlaat.