Alles moet gedoen word om Walus te beskerm

Ná die vrylating van Janusz Walus op parool wat die SAKP-leier Chris Hani in 1993 doodgeskiet is, is dit te verstane dat sy lewe as ‘n vry man in gevaar kan wees. Walus is uit die hospitaal ontslaan na hy verlede week met ‘n skerp voorwerp gesteek is. Daar is streng voorwaardes aan sy parool gekoppel en hy sal die volgende twee jaar onder die gemeenskap-korrektiewe stelsel moet uitdien. Suid-Afrikaanse politieke analis, Charles Sinkala sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die regering iets moet doen om Walus te beskerm.