Wes-Kaap: 270 000 werksgeleenthede in Transnet-staking geraak

Die Wes-Kaapse regering skat meer as 270 000 werksgeleenthede in die provinsie sal geraak word weens Transnet-werknemers se staking. Navorsing toon meer as 127 000 mense in die formele sektor werk regstreeks vir die Kaapstadse hawe, terwyl ‘n verdere 97 000 mense onregstreeks in diens geneem is, en 55 000 werksgeleenthede geskep word weens uitvoere. Die provinsie, nywerhede, die sake- en die landbousektor het almal gewaarsku dat die staking ‘n reuse- uitwerking op hawebedrywighede sal hê.