Kinderboek geskep om Oekraïnse vlugtelinge in Denemarke tuis te laat voel

‘n Deense onderneming, Mediabrands Studio, het ‘n kinderboek geskep om Oekraïnse vlugtelinge tuis te laat voel. Die boek, getiteld Welkom in Denemarke, stel vlugtelinge aan die land bekend en lig die ooreenkomste tussen die twee kulture uit. Die uitgewers-span het met behulp van ‘n vroulike Oekraïense vlugteling die boek vertaal. Ongeveer 20 000 eksemplare is versprei.