SA swart vroue is kwesbaarste met werkloosheid

Suid-Afrika se swart vroue is die kwesbaarste met ‘n werkloosheidsyfer van 42,4 persent in die vierde kwartaal van 2021. Statistieke SA se Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dit is 4,2 persentasiepunte hoër as die nasionale gemiddeld. Ongeag geslag, is die swart en bruin bevolkingsgroepe steeds kwesbaar in die arbeidsmark. Die opname dui aan die land se werkloosheidsyfer het gestyg tot 35,3 persent. Dit is die hoogste vlak sedert die opname in 2008 begin het.