Kinder-armoede in Namibië bereik skokkende vlakke

‘n Maatskaplike aktivis het gereageer op kinder-armoede in Namibië. Volgens ‘n onlangse Wêreldbank-verslag leef 1,5 miljoen van Namibiërs, of te wel 64 persent, in armoede. Armoede-vlakke in Namibië het die afgelope paar jaar ‘n humanitêre krisis geword. Volgens ‘n verslag van Unicef is voedselsekerheid en voedingstatus die twee groot drywers van kinder-armoede in Namibië. Namibiese kinders ervaar buitensporig hoër vlakke van armoede. Gemiddeld leef 51,3 persent van die kinders tussen die ouderdomme van 0 en 17 jaar in armoede, vergeleke met 37,4 persent van volwassenes en die nasionale gemiddeld van 43,3 persent. Rosa Namises gesels met Kosmos 94.1 Nuus.