Amushelelo sy AMG kwyt

Die hoërhof in Windhoek het beveel dat die omstrede NEFF-lid Michael Amushelelo se Mercedes-Benz E63 AMG-voertuig op openbare veiling verkoop moet word om die meer as 220 000 Namibiese dollar se uitstaande skuld aan Bank Windhoek te betaal. Die voertuig het meer as ‘n miljoen dollar gekos en hy het ‘n deposito van 368 000 dollar voorgeskiet toe hy die 2015-model in 2019 deur die bank gekoop het. Amushelelo het groot regsuitdagings met 365 klagtes teen hom wat geldwassery en bedrog insluit. Daardie saak sloer ook in die hof nadat al sy bates in Oktober 2019 gevries is.