Kimberley loop deur onder kabeldiefstal

Infrastruktuur in Kimberley loop toenemend onder misdadigers deur en tans word daar weekliks minstens drie voorvalle van kabeldiefstal aangemeld. Die kabels word opgegrawe, van straatligte afgesteel en by pompstasies in die Cassandra- en De Beers-gebied weggedra. ‘n DA-woordvoerder, Simone Greeff, sê daar is op die oomblik twee pompstasies buite werking en riool het sommige huise en tuine oorstroom: