Noa bevestig hulle het Muyamba-lêer ontvang

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die kwessie van vermeende korrupsie teen die voormalige tegniese adviseur in die ministerie van myne en energie Ralph Muyamba, wel aan hulle oorhandig is. Daar word berig dat Muyamba se neef blykbaar ‘n eksplorasie-lisensie ontvang het en blykbaar is dit verbind aan ‘n betaling van 50 miljoen Namibiese dollar. Noa sê hulle ondersoek die saak.