Uiters goeie vordering in die bekamping van MIV

Die Namibiese ministerie van gesondheid het onlangs sy “Undetectable = Untransmittable”-veldtog van stapel gestuur. Sodra MIV/Vigs nie meer in bloedtoetse opgespoor kan word nie, is dit goeie nuus. Dit is wat in die Ohangwena-streek gebeur het met MIV wat in 90 persent van kinders wat met die virus leef, so laag is dat bloedtoetse nie meer die virus kan naspoor nie. Dit is die resultaat van antiretrovirale terapie en ondersteuningsdienste deur Project Hope se Namibia Adherence and Retention Project, sê Tiffany Miller, die Amerikaanse ambassade in Windhoek se woordvoerder aan Kosmos 94.1 Nuus.