Amushelelo wil Cheetah-sement sluit

Die omstrede aktivis en voormalige handelaar in buitelandse valuta, Michael Amushelelo is weer bedrywig in arbeidskwessies. Daar word berig dat hy dreig om Cheetah-sement teen volgende week te sluit. Die aankondiging kom op die hakke van die 5 000 dollar borg wat hy en sy makker, Dimbulukeni Nauyoma, in die hoërhof op appèl ontvang het. Een van die voorwaardes van die borg was dat hy en Nauyoma geensins enigsins moet mobiliseer om byeenkomste te reël. Volgens Amushelelo sal sy aksies wat hy by die Otjiwarongo-aanleg wil neem, nie sy borgvoorwaardes oortree nie. Die rede vir sy beplande aksie is dat die personeel van die maatskappy reeds twee maande sonder enige betaling staak en die maatskappy het intussen ander personeel aangestel. Die maatskappy se woordvoerder Tabby Moyo sê die aangeleentheid by die maatskappy het niks met Amushelelo of die Namibian Economic Freedom Fighters te doen nie.