Khomas-streek het 40% van positiewe Covid-gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het 385 nuwe Covid-gevalle in 13 streke uit 1 152 toetsuitslae aangekondig. Die Khomas-streek alleen het 40% van die totale bevestigde gevalle. In die groep is 46 leerders, 18 gesondheidswerkers, 10 onderwysers en 9 studente. Agt sterfgevalle is aangemeld.