Khomas ontvang 40 aanbiedings vir sopkombuise by 2 laerskole

Die Khomas-streeksraad het 40 aanbiedings ontvang vir die konstruksie van twee sopkombuise by die Namibia- en Moses Garoëb laerskole in die hoofstad. Honger skoolkinders word jaarliks ‘n groter uitdaging in die land en meer as die helfte van die meer as 800 000 skoolgaande kinders in Namibië maak staat op die skoolvoedingsprogram vir ‘n daaglikse ete. Van die 40 aanbiedings is net sewe konstruksie maatskappye. Dit raak alhoemeer algemeen dat sogenaamde ‘Intvestment’ en ‘Trading’ maatskappye tender vir allerlei projekte en dienste. Die tenders wissel vanaf 460 000 tot 12,7 miljoen Namibiese dollar met die meerderheid wat tussen 1 en 2 miljoen dollar gekwoteer het. Die twee projekte sal na verwagting teen Maart volgende jaar voltooi wees.