Nam-regstelsel bevoordeel blankes – Amushelelo

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo sê hy hou nie veel hoop uit vir regverdigheid in die Craft Bistro-saga nie. Petra Illing, die mede-eienaar van die restaurant, se dringende aansoek sal op 27 Januarie in die Windhoek hoërhof aangehoor word. Die sakevrou wil hê die hof moet keer dat die minister van binnelandse sake haar deporteer. Illing, ‘n Duitse burger, is al 28 jaar in Namibië en sê sy beskou die land as haar permanente tuiste. Illing is verlede week deur immigrasiebeamptes by haar besigheid opgelaai en is daarna 48 uur gegee om Namibië te verlaat. Sy het al verskeie kere aansoek gedoen om korttermynwerkvisums, wat verleng is. Amushelelo sê die regstelsel is foutief en gee voorkeur aan witmense.

Hy meen dit is tyd dat die regstelsel aangepas word.