Khomas-goewerneur sê oor Covid en maatreëls

Die goewerneur van die Khomas-streek Laura McLeod-Katjirua hou vanmiddag ‘n perskonferensie oor die huidige stand van sake in verband met Covid. President Hage Geingob het die streek ingeperk, saam met Okahandja en Rehoboth. Windhoek is op die oomblik die brandpunt van die pandemie en mediese fasiliteite is onder druk om die meer as 400 pasiënte wat in die hospitaal is, voldoende te behandel. Daar is reeds beroepe vir suurstof op sosiale media deur mense wat na familie omsien wat nie opgeneem kan word nie omdat daar nie plek is nie. McLeod-Kartjirua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.