Biden en Putin drink nou tee

Die langverwagte ontmoeting tussen die Amerikaanse president, Joe Biden en sy Russiese eweknie Vladimir Putin het ‘n halfuur gelede in Genève in Switserland begin. Kenners is dit eens dat die twee op talle kwessies verskil en daar is nie verwagtinge dat daar enige deurbrake sal wees nie. Daar is een aspek waaroor die twee leiers saamstem – die verhouding tussen die twee lande moet meer voorspelbaar raak.