Dagga-wetgewing nog ver

Dit sal nog ‘n ruk neem om dagga in Namibië te wettig. Volgens Johannes Gaeseb, registrateur van die Namibiese Medisynebeheerraad is medisinale dagga nog nie in Namibië gewettig nie. Verlede jaar het die Namibiese gesondheidsministerie die publiek se opinie oor die wettiging van dagga, asook die voordele, nadele en gevare, gevra. Alle insette het op 22 November gesluit. Gaeseb het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste verwikkelinge gesels.