Struwelinge in die Whk-stadsraad, Mayumbel wil waai

Die Independent Patriots for Change word daarvan beskuldig dat hulle gepoog het om die waarnemende uitvoerende hoof van Stad Windhoek, George Mayumbelo, te verwyder. In ‘n brief aan die IPC se raadslid en voorsitter van die bestuurskomitee, Ndeshihafela Laranja, het Mayumbelo gesê daar was verskeie pogings om hom uit sy pos te verwyder. Volgens berigte het hy reeds gevra om verwyder te word as gevolg van wat hy beskryf as politieke sabotasie. Die stad is luidens die jongste berigte verdeeld oor die proses om ‘n nuwe hoof uitvoerende beampte aan te stel en daar is talle wat meen van die raadslede probeer die proses vertraag. Daar is lede van, van die partye wat op die raad verteenwoordig is, wat meen dit is hoekom die IPC sy raadslede opdrag gegee het om hulle te weerhou van enige aktiwiteite van die stadsraad. Mayumbelo sê hy is teleurgesteld van die raadslede nie op ‘n deursigtige manier hom te probeer verwyder nie maar eerder agteraf en onprofessioneel die kwessie aanpak.