Khashoggi-moord: VSA het ook foute begaan

Die dood van die joernalis Jamal Khashoggi bly in die nuus. Amerikaanse President Joe Biden sê hy het die kwessie met die Saoedi-kroonprins Mohammed bin Salman opgeneem en die prins het hom die versekering gegee dat hy nie persoonlik by Khashoggi se dood in sy land se ambassade in Istanboel betrokke was nie. Die land se minister van buitelandse sake Adel al-Jubeir het met die media oor die aangeleentheid gepraat en sê dis nes wat by die Abu Ghraib-tronk in Irak gebeur het.