Eagles hardloop weg met 63 lopies teen Nepal

Die Richelieu Eagles het met 63 lopies teen Nepal geseëvier in Ayr, Skotland. Die speler van die wedstryd was Bernard Scholtz. Die Eagles is oorsee vir die Internasionale Krieketraad se driehoekige reeks teen Nepal en Skotland. Nepal en Skotland speel vandag om 12-uur in Glasgow teen mekaar.