Khan se ondersteuners omring sy woning, weier arrestasie

Pakistan se gewese eerste minister, Imran Khan, word aangekla onder die land se wet teen terrorisme. Dit volg nadat hy na bewering dreigemente teen die polisie en die regbank geuiter het na ‘n politieke toespraak wat hy oor die naweek gelewer het. Honderde van Khan se ondersteuners het buite sy huis in Islamabad saamgedrom en gesê hulle sal die hoofstad oorneem as die polisie probeer om hom in hegtenis te neem. Die minister van Binnelandse Sake, Rana Sanaullah, sê Khan sal met die gereg te doen kry omdat sulke dade van astrante boewery ekstremisme in die samelewing veroorsaak.