Effe daling in misdaad geen vertroosting nie, sê DA

Die DA in KwaZulu-Natal sê die kwartaallikse misdaadstatistiek wat die minister van Polisie, Bheki Cele vir die tydperk van April tot Junie 2022 bekend gemaak het, stel inwoners van KwaZulu-Natal wat daagliks in vrees leef, glad nie gerus nie. ‘n Woordvoerder van die DA, Sharon Hoosen, sê die syfers wys wel ‘n afname in sekere gebiede, maar die polisie kom nog glad nie die mas op nie en wetsoortreders beskou KZN steeds as ‘n veilige hawe: