Ketanji Brown Jackson is bekragtig

Die Amerikaanse senaat het die aanstelling van regter Ketanji Brown Jackson bekragtig. Sy is die eerste swart vrou wat in die hooggeregshof aangestel word in sy bestaan van 233 jaar. Jackson het met 53 stemme vir haar teenoor 47 teen haar die steun gehad van al die Demokrate plus drie Republikeine. Visepresident Kamala Harris, die eerste swart vrou wat die amp beklee, het toesig gehou oor die stemproses. Die meerderheidsleier, Chuck Schumer, sê dis een van die grootste oomblikke in die Amerikaanse geskiedenis.