Banyana sien uit na wedstryd teen Nederland

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê haar spelers se geestelike krag sal getoets word wanneer hulle Dinsdag die vyfde-geplaaste Nederland in ‘n vriendskaplike wedstryd die stryd aansê. Die span vertrek vanaand na Nederland. Ellis sê sy hoop die wedstryd sal haar span se tekortkominge uitlig omdat dit ook die ideale geleentheid is om voor te berei vir die komende Afrikanasiesbeker vir vroue in Marokko: