Keshav Maharaj boaan eendag-bouler ranglys

Krieket: Die Protea-draaibouler Keshav Maharaj is boaan die ranglys vir eendag-internasionale boulers. Hy word gevolg deur Wanindu Hasaranga van Sri Lanka en Adil Rashid van Engeland. Indië is die voorste eendagspan al het hy gister teen Australië verloor in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi. Australië is tweede en Suid-Afrika derde. Shubman Gill van Indië is die voorste eendag-kolwer, en die Protea-aanvangskolwer en paaltjiewagter Quinton de Kock derde. Hy het uit internasionale krieket getree nadat Suid-Afrika in die halfeindstryd teen Australië verloor het.