Kersvakansie: Bly oopkop, moenie in Januarie skuld maak nie

Ekonome waarsku oor oorbesteding gedurende die komende Desember vakansie. Dit is onwaarskynlik dat bonusse die orde van die dag sal wees en volgende jaar, is daar weer skoolfonds en talle ander registrasies wat betaal moet word. Die deurwinterde ekonoom by Unam se ekonomiese fakulteit, dr. Omu Kakujaha-Matundu sê verbruikers moet oopkop wees en nie in Januarie skuld maak nie.