Agra-hoof waarsku oor slenter

Die hoof uitvoerende beampte van Agra, Arnold Klein sê dit het aan die lig gekom dat daar ‘n slenter die ronde doen. Hy sê volgens die inligting wat hulle bekom het, gee bedrieërs hulself voor as verteenwoordigers van Agra en hulle soek privaat inligting om met ‘n belangrike Suid-Afrikaanse vennoot te deel, veral in verband met die opdatering van rekords en kredietbeperkings. Klein sê Agra sal nooit privaat inligting aanvra om met ‘n derde party te deel nie. Hy doen ‘n beroep op hul kliënte om nie enige besonderhede te deel nie en eerder die maatskappy te kontak, sou hulle op die manier genader word.