Jammerte dat NBC werkers staak

Die Namibiese Minister van Arbeid Utoni Nujoma sê mense moet leer om met minder geld klaar te kom. Hy het in Oshakati by ‘n vergadering met belanghebbendes gepraat en gesê regoor die wêreld is daar tans ekonomiese uitdagings en bygevoeg dat dit ‘n jammerte is dat werknemers by die NBC staak vir meer geld. Nujoma sê staatsamptenare het ook nie ‘n verhoging in die afgelope paar jaar gekry nie. Meer as 11 000 werksgeleenthede is verlede jaar verloor en talle werknemers het steeds salaris besnoeiings. Die minister is op besoek aan die noorde van die land.