Kerina Sondag by Held-akker begrawe

Die ontslape Mburumba Kerina, wat Namibië sy naam gegee het, sal Sondag by Helde-akker in Okahandja ter ruste gelê word. Hy is op 14 Junie aan Covid-19 oorlede. Hy was 89. Die inligtingsministerie het gesê sy roudiens sal Saterdag in die parlementstuine gehou word. Die nuus kom te midde van kritiek teen die regering dat staatsbegrafnisse nie die Covid-maatreëls nakom nie. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het weer beklemtoon dat net 10 roubeklaers begrafnisse mag bywoon en dat kos net op ‘n wegneembasis voorsien mag word.