Kenneth Starr, wat die Clinton-Lewinsky verhouding oopgekrap het, sterf

Wie onthou vir Monica Lewinsky en oud-president Bill Clinton, en die nou-beroemde aankondiging wat hy op 28 Januarie 1998 gemaak het?

Die aangeleentheid is weer in die nuus met die afsterwe van Kenneth Starr, die aanklaer wie se ondersoek gelei het tot Clinton se vervolging. Starr is op die ouderdom van 76 oorlede in Houston Texas, na hy komplikasies ontwikkel het na ‘n operasie. Hy het ‘n huishoudelike naam geword in daardie tyd. Sy ondersoek na Clinton se Whitewater-eiendomstransaksies het die verhouding met Lewinsky per abuis ontbloot en Clinton is uiteindelik in ‘n staat van beskuldiging gestel maar, die Senaat het hom onskuldig bevind.