Kenner sê Russe het moeilikheid, nie net oor prysperk nie

‘n Politieke kenner het gereageer op Rusland wat nie die nuwe perk aanvaar op die prys wat G7-lande op Russiese ru-olie geplaas het nie. Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, het bevestig Moskou aanvaar nie die perk en Rusland het met ‘n vlaag missiel-aanvalle op teikens in Oekraïne gereageer. Die perk keer lande om meer as 60 Amerikaanse dollar vir ‘n vat Russiese ru-olie wat per see vervoer word, te betaal. Suid-Afrikaanse politieke analis professor Andre Duvenhage gesels met Kosmos 94.1 Nuus.