Orion val na verwagting vanaand in die see

Nasa se onbemande Orion-kapsule is op pad terug Aarde toe. Die kapsule, met ‘n gesimuleerde bemanning van drie mannekyne wat met sensors gekoppel is sal rondom 20 voor agt plaaslike tyd, vanaand naby die Guadalupe-eiland, buite Mexiko se Baja California-skiereiland, in die Stille Oseaan land val. Orion het die einde van sy 25-dag-sending gekom. Die tuig het sy verste punt in die ruimte bereik 434 500 kilometer van die aarde af voor hy teruggedraai het. Daar word verwag dat die kapsule na verwagting weer die Aarde se atmosfeer sal binnegaan teen 39 400 kilometer per uur, meer as 30 keer die spoed van klank.