Kenner sê oor Malema wat eis dat Ramaphosa bedank

‘n Politieke kommentator van Suid-Afrika, Andre Duvenhage, het kommentaar gelewer op die leier van die EFF, Julius Malema, se beroep op President Cyril Ramaphosa om onmiddellik te bedank. Volgens die EFF ly Suid-Afrikaners voortdurend onder die verwoesting veroorsaak deur die misleiding van die huidige administrasie onder Ramaphosa. Malema sê sedert die President sy amp ingeneem het, het die land die een krisis na die ander beleef. Duvenhage sê aan Kosmos die voortdurende politieke onstabiliteit in Suid-Afrika word van binne die ANC georganiseer.

Duvenhage sê Malema en sy EFF is deel van dié korrupte bende wat Ramaphosa tot ‘n val wil bring.