Chaos met toelaagbetalings was eintlik ‘n goeie ding

Die Namibiese minister van geslagsgelykheid en maatskaplike welsyn, Doreen Sioka sê die chaos met die betaling van maatskaplike toelae aan die einde van Junie, was eintlik ‘n goeie ding. Met die oordrag van begunstigdes na ‘n nuwe stelsel is 4 156 oorlede begunstigdes ontdek wat tot ‘n besparing van 5 miljoen Namibiese dollar maandeliks, of 60 miljoen dollar per jaar, lei. Die regering, in ‘n poging om veral pensioenuitbetalings beter te beheer na ‘n sterfte, bied ‘n uitbetaling van drie maande se pensioengeld met die bevestiging van ‘n sterfgeval. Die geld word oorbetaal aan ‘n begrafnisondernemer. Sioka het verder bevestig dat die nuwe stelsel beter verifiëring bied, en ook skakel met die maatskaplike kommissie.