Angolese inflasie daal effe

Cirrus in die hoofstad sê inflasie in Angola het vir die vyfde agtereenvolgende maand gedaal na 22,96 persent wat in Junie gemeet is. Dit is vergeleke met 24,42 persent in Mei en 25,32 persent in Junie verlede jaar. Die huidige syfer is volgens Cirrus die laagste sedert Junie 2020 en is aangedryf deur ‘n versterking in die kwanza. Die Namibiese Statistieke Agentskap het Donderdag plaaslike inflasie vir Junie op 6 persent bevestig.