Kenner sê oor dalende olieprys

Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper sê die vraag na olie begin te normaliseer. Dit en ander faktore speel ‘n rol in die sywaartse handel van die kommoditeit vanoggend. Kenners sê die mark het vrese vir ‘n verlangsaming in vraag met die daling in die Amerikaanse ekonomie. Europese lande se vervaardigingsdata het ook laer as wat verwag is ingekom. Klopper het sy mening so verwoord.

Hy sê China speel ook ‘n rol in die laer vraag na olie.