Kenner sê oor Bitcoin se prestasie vanjaar
Bitcoin en ander kripto-markte het hoër geklim namate beleggers gereageer het op die jongste tekens van druk in die Amerikaanse banksektor en die Federale Reserweraad se monetêre beleidsbesluit. Amerikaanse rentekoerse is met 25 basispunte na 5,25 persent verhoog. Die stap volg te midde van voortdurende weerloosheid in die banksektor wat deels deur hoër rentekoerse veroorsaak is, en ná die ineenstorting van drie banke. Bitcoin het verder gestyg na net bo 29 000 Amerikaanse dollar en het in die afgelope maand met 22 persent gegroei. Kosmos 94.1 Nuus het met Coenie Botha, CBI Exchange Namibia se hoof uitvoerende beampte oor sy verwagtinge gepraat…