Kenner: Namibë gaan in SA se voetspore volg oor rentekoerse

‘n Namibiese ekonomiese kenner sê wat Namibiërs kan verwag ná die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee die terugkoopkoers met 75 basispunte verhoog het. Die prima uitleenkoers gaan nou tot 9 persent styg. Dit is die grootste styging in rentekoers sedert September 2002, terwyl die prima uitleenkoers nou die hoogste is sedert voor die Covid-pandemie in 2020 uitgebreek het. Statistieke Suid-Afrika het Woensdag aangekondig inflasie is op ‘n 13 jaar hoogtepunt van 7,4 persent. Die hoë inflasie word aangedryf deur stygende kos-, brandstof- en behuisingskoste. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement van ekonomie van Unam deel sy verwagtinge aan Kosmos 94.1 Nuus